Optog in samewerking met die Atterbury-teater het ’n konsertreeks bekend gestel waarin meer as 15 van ons land se top-kunstenaars jou aanlyn gaan vermaak. 

Die e-konserte is vooraf opgeneem en sal elke Sondag om 17:00 aanlyn beskikbaar wees. Die eerste aanlyn konsert is reeds op 23 Maart uitgesaai en meer as 60 000 mense van reg oor die wêreld het ingeskakel om te kyk. 

Jy kan jou reg maak vir optredes van kunstenaars soos Nataniël, Roan Ash, Amanda Strydom, Joshua na die Reën, Robbie Wessels, Anna Davel, Jak de Priester, Dewald Wasserfall, Corlea Botha, Monique Steyn en nog vele meer!

Wanneer: Elke Sondagaand om 17:00

Waar: Op jou rekenaar, slimtelevisie, selfoon of tablet

Koste: R50 om die skakel na die vertoning te ontvang

Meer inligting: Besoek Optog se webtuiste vir navrae en meer inligting