Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is sedert 2015 die aanbieder van die satiriese nuusprogram The Daily Show met Trevor Noah in New York, VSA.

Sedertdien het hy al twee keer die voorblad van die Amerikaanse tydskrif TIME behaal. Sy blitsverkoper memoirs Born a Crime gaan ’n Hollywood-rolprent word en die Oscar-wenner Lupita Nyong’o gaan sy ma speel. En nou is hy benoem vir ’n Grammy-toekenning vir beste komedie album.

Hy het die goeie nuus op Instagram gedeel. “Wat ’n lewe is ek meer geseën?” het hy geskryf. 

In Februarie 2018 het die satirikus Pieter-Dirk Uys aan SARIE se Marguerite van Wyk gesê: “Hy verloor nooit sy realiteit nie [waarvandaan hy kom], bly die immigrant – die uitlander en Suid-Afrikaner, oftewel Barack-Obamabeige, en is ’n briljante, wêreldwyse satirikus en politieke hanswors. Sy musikaliteit gee aan hom die perfekte noot in elk van sy aksente en spotbeelde. Dit is maar die begin van ’n unieke loopbaan. Viva, Trevor. Vat hom, Fluffy!”