Nóg ’n koninklike troue wat ons verwagtinge oortref het. Die amptelike troufoto's van die Sweedse koninklike troue wat Saterdag gevier is, is bekend gestel. 

Prins Carl Philip en prinses Sofia van Swede het Saterdag hul troudag met groot swier gevier. Die koninklike huis van Swede, Kungahuset, het amptelike foto's van hul dag gedeel (blaai deur die galery onderaan dié artikel).

Die 36-jarige prins het met 30-jarige Sofia Hellqvist getrou. Sofia, nou ’n prinses, is ’n voormalige model en TV-realiteitster. Meer onlangs het sy begin om liefdadigheidsgeleenthede te reël. Sy het onder meer gehelp om die Project Playground op die been te bring - ’n organisasie wat kinders in Suid-Afrika se agtergeblewe gebiede help.

FOTO: Kungahuset Facebook FOTO: Kungahuset Facebook

Prins Carl Philip is die enigste seun van koning Carl XVI Gustaf en koningin Silvia van Swede. Hy is die derde troonopvolger ná sy ouer suster, kroonprinses Victoria, en haar dogter, prinses Estelle.

Die troue is onder meer deur 5 Europese koninginne, ’n Japanse prinses en talle bloubloed-gaste bygewoon.

Blaai deur die galery vir die troufoto's

Bronne: Hello! en CNN