Hulle is al vir ses maande ’n paartjie en het hul verhouding bekend gemaak slegs dae ná John van sy vrou, die gewese supermodel Elaine Irwin, geskei is.

John het 5 kinders uit drie verskillende huwelike en Meg het ’n 19-jarige seun by haar gewese man, akteur Dennis Quad, en ’n 14 maande ou dogtertjie, Daisy True, wat sy in China aangeneem het.

Die twee het ontmoet op die stel van die musiekproduksie Ghost Brothers of Darkland County, waarin Meg stemwerk gedoen het. John was medevervaardiger.