Trouklokkies

Ashton Kutcher Demi Moore en haar katelknaap-man van ses jaar, Ashton Kutcher, kom net nie tot skei nie. Blykbaar baklei hulle oor geld en Demi soek meer as wat Ashton haar wil gee. Die onderhandelinge hou al langer as 'n jaar aan.

Mila Kunis en Ashton Kutcher het koninklike vriende! Lees hier wie.

Maar Ashton wil die skeisaak nou afhandel om so gou as moontlik met sy meisie, Mila Kunis, te trou. 'n Bron het aan die Huffington Post gesê dié twee gáán trou - die vraag is net wanneer. Hul medester op That 70's Show, die sitkom waarin dié sterre gespeel het, Laura Prepon, het dit bevestig en gesê sy gaan 'n strooimeisie wees. Wilmer Valderrama wat ook in die reeks gespeel het, gaan blykbaar een van Ashton se strooijonkers wees.

That 70's Show

FOTO: Ashton (links voor) en Mila (agter) staan eersdaags voor die kansel! Laura Prepon (regs voor) en Wilmer Valderrama (middel regs) gaan deel van die gevolg wees.

Eva Mendes en Ryan Gosling gaan ook blykbaar binnekort voor die kansel staan. Die 39-jarige aktrise het glo gesê sy wil verloof wees voordat sy 40 word, en Ryan is luidens gerugte reeds besig om te beplan hoe hy die groot vraag gaan vra.

Eva MendesRyan Gosling

Het Ryan vir Eva verneuk ... in Kaapstad?

Die paartjie gaan blykbaar binnekort op vakansie nadat How To Catch A Monster, die film waarvan Ryan die regisseur is en waarin Eva 'n rol het, klaar verfilm is. Volgens 'n bron het Eva nie 'n idee wat Ryan beplan nie, maar ons glo noudat Ryan se planne aan die publiek bekend is, sal sy dalk iets verwag.

Brad Pitt en Angelina Jolie het 'n moeilike paar maande agter die rug. In die geheim het hulle deur die proses van haar dubbele mastektomie gewerk voordat hulle dit in Mei vanjaar bekend gemaak het. Die paartjie wat in 2011 verloof geraak het, se troudatum is steeds 'n geheim.

Die Pitts

Angelina se perfekte verloofring ... van sowat R2 miljoen

Volgens die skinderblaaie is hul groot dag eers uitgestel om nie saam met Brad se eksvrou, Jennifer Aniston, se troue met Justin Theroux te val nie. Daarná is gesê dat hulle gewag het vir Angelina se dubbele mastektomie om afgehandel te word. Die nuutste is dat hulle eintlik nóú eers troue beplan en gewag het totdat die Amerikaanse howe die besluit geneem het om gay en lesbiese huwelike te erken, wat nou wel gebeur het.

Is hulle uit?

Jennifer en Justin Daar is gereeld gerugte dat Jennifer en Justin se verlowing verbreek is. Dié keer berig die skinderblaaie dat hulle nie kan besluit watter kuslyn hulle "huis" gaan noem ná die troue nie. Jen wil in Kalifornië woon terwyl Justin aan die Ooskus in New York wil bly. Justin se nuwe televisiereeks gaan ook aan die Ooskus geskiet word.

Jennifer en Justin: die troue waarna almal uitsien

Bronne: Fashionnstyle.com, Huffington Post, Sun Times, TVNZ, 17online