SA aktrise, model en fiksheidsentoesias Vanessa Haywood het verlede jaar in Julie aan Ryan Sandes verloof geraak - en dit klink nou asof dié troue vinnig nader kom! Vanessa, bekend vir haar rol in District 9 as Wikus van der Merwe se vrou, Tania, en Ryan, Suid-Afrika se voorste spoorloop-atleet (trail runner), gaan binne die volgende paar maande afhaak! Die avontuurlustige paartjie, wat die wêreld rondrits vir hul onderskeie beroepe, begin nou trouplanne maak. Vanessa het getwiet hoe opgewonde sy is om Ryan haar man te noem én dat sy die beste troubeplanner aangestel het.

Ryan het vir Vanessa gevra om te trou terwyl hulle in Knysna was om die derde jaar van hul verhouding te herdenk, het hy aan Top Billing vertel. Hulle was blykbaar op die strand toe die son gesak het, toe Ryan die groot vraag vra. Só lyk haar verloofring:

Nog verlowings op SARIE.com