Kykers is nog skaars gewoond aan Vince en Bonita se verlowing, of Hildegardt Whites, Bonita in 7de Laan, kondig aan dat sy haar karakter se voorbeeld gaan volg. Sy en haar Poolse verloofde, Kuba Silkiewicz, beplan 'n Maart-troue aan die Weskus.

“Ja-nee,” lag Hildegardt, “met Bonita se troue kry ek darem 'n oefenlopie in voor my eie groot dag!” lui 'n persverklaring van af 7de Laan.

Kuba het ouers gevra toe hy verlede jaar in die Kaapse opvoering van Mama Mia! opgetree het. Hy wou haar verras en het alles aanvanklik geheim gehou. Toe swiep hy haar van haar voete af met 'n huweliksaansoek by 'n tafel vir twee in die tuin van 'n intieme klein restaurant omring van rose en kerslig. Natuurlik het hy haar op sy knieë gegaan en die ring wat hy self ontwerp het aan haar vinger gesteek. Praat van romanties! Hoe kon enige 'n vrou nee sê?

Ons hoor ook 'n voëltjie fluit dat Herman en Felicity dalk binnekort kansel se kant toe staan en Zetske van Pletzen en Altus Theart haak in Februarie 2012 af.

Wie is jou gunsteling-paartjie in die Laan?