Die Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco het besluit om ná hul Nuwejaarspartytjie met die tennisspeler Ryan Sweeting te trou - en het die voorbereidings op video vasgevang.

Kaley se grimeerkunstenaar, Jamie Greenberg, het ’n video op YouTube gedeel waar sy die bruid vir die seremonie en die groot partytjie opmaak. In dié video is Kaley duidelik opgewonde vir die aand wat op haar wag (blykbaar het nie almal geweet die partytjie gaan met ’n trouseremonie afgesluit word nie!) én Jamie deel van haar grimeerwenke.

Kaley het ’n sagte voorkoms gehad met ligte grimering en krulle om haar gesig, maar haar voorkoms is met ’n dramatiese katoog afgerond. Kyk hier hoe Kaley haar grimeervoorkoms gekry het:

Dié paartjie gaan net sowat 6 maande uit, maar volgens bronne het die romanse begin blom nadat hulle mekaar op ’n blinde afspraak ontmoet het.

Kaley, wat vinnig besig is om een van die hoogs betaalde aktrises op televisie te word, deel ’n liefde vir tennis met Ryan. Sy het as kind baie goed tennis gespeel, maar het op die ouderdom van 16 jaar haar tennisloopbaan vir ’n Hollywood-loopbaan verruil.

Wimbledon-modes

Sy het voorheen met haar mede-akteur van The Big Bang Theory Johnny Galecki (Leonard Hofstsadter) uitgegaan. Sy was voorheen ook al verloof, maar dié verlowing is verbreek. Sy het voor Ryan met Henry Cavill uitgegaan – die jong akteur wat die ster van die nuwe Superman-film is.

Nóg troufoto's:

FOTO: Instagram @normancook FOTO: Instagram @normancook

En die troukoek ...

By baie troues kan die bruidegom ook ’n troukoek kies. Gewoonlik is dié koek snaakser en beeld iets uit wat eie aan die paartjie is. Ryan het iets gekies wat na aan hul albei se harte is - ’n groot tennisbal met hul drie honde.