Om vinnig en skerp te dink is sy jop – soggens wanneer Pierre Breytenbach ernstige sake praat op Dagbreek, en die kere dat hy ons laat lag in daai ‘kommin komedie’* Proesstraat. Hy is maar soos ’n Rubik-kubus met verskillende kante en kleure, sê hy self aan SARIE-joernalis Gloria Cilliers.

Ons het met Pierre gesels vir die September-uitgawe van SARIE - dié uitgawe is steeds digitaal beskikbaar.

{—}

Hoewel dit Pierre se passie is om op ons TV-skerms te verskyn, is hy nie een vir die kollig nie, vertel Pierre. Gee hom eerder sy vrou en kinders ... en die Bosveld, sê hy en wys na die fênsie BMW-motorfiets waarmee hy netnou van sy huis in Pretoria gery het. Dis een van daardie waarop jy ’n tent kan laai en die boendoes mee inry. Hy kampeer ook graag minstens een keer per maand saam met sy gesin.

Dís wat hom dryf. Sy mense. Hy en Anzél het mekaar in matriek “raakgevry” en is in 1999 getroud. “En hier’s ons nou, steeds gelukkig en drie pragtige kinders, Daniélle (11), Kayla (9) en Nico (2), later. Mense sê dis te goed om waar te wees. Ek voel só geseënd. Noem my ’n gesinsman, en ek’s happy.”

Pierre en Anzél FOTO: Phyllis Green Pierre en Anzél
FOTO: Phyllis Green

Lag jou gesin tuis ook vir jou? En waarvoor lag jy´?

Ek kan nie komedie regtig geniet nie, want omdat ek weet hoe dit werk, ontleed ek dit. Ek lag vir dinge wat my gesin aanvang, soos my kinders se oulike sêgoed. Hulle dink natuurlik nie ek’s so snaaks nie. Ek’t nou die dag ’n grappie in die kar vertel, toe Kayla so ewe sê: “Pappa, ons is báie lief vir jou, maar régtig?!” [Lag.] Hulle sal verby die televisie stap terwyl ek op die skerm is, maar laat Victor Matfield nou net rugby speel, dan gil hulle opgewonde: “Kyk, Pappa! Dis oom Victor!” Dit plaas dinge nogal in perspektief.

Vir my kinders is ek net Pappa, maak nie saak wat ek ooit bereik nie. En dis presies wat ek wil wees.

Pierre en Anzél saam met Daniélle en Kayla FOTO: Facebook Pierre en Anzél saam met Daniélle en Kayla
FOTO: Facebook

Pierre is op sy gelukkigste op 'n motorfiets of saam met sy gesin FOTO: Facebook Pierre is op sy gelukkigste op 'n motorfiets of saam met sy gesin
FOTO: Facebook

Pierre se jongste, Nico FOTO: Facebook Pierre se jongste, Nico
FOTO: Facebook

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

*Pierre sê: “Sommige mense dink Proesstraat is onkreatief, selfs kommin. Ek’t respek vir hul opinies. Maar ek floreer juis op die kreatiwiteit daarvan. Dis soos om ’n filharmoniese orkes bymekaar te sit sonder bladmusiek. Jy word meegesleur saam met iets wat nie net jy alleen maak en beheer nie.”

september corne crous corné kim 7de laan

Lees die volledige onderhoud met Pierre in die September-uitgawe van SARIE - dié uitgawe is steeds digitaal beskikbaar.