Hulle wou eintlik die nuus uit die media hou, maar Mariah het haar mond verbygepraat. Sy het met Michelle en Barack Obama gesels by ’n geselligheid waar sy vir die presidentspaar in Washington opgetree het - sy het na haar babas in die meervoud verwys. Nick het toe maar amptelik die nuus gebreek op sy radioprogram, Rollin’ with Nick Cannon.   

Dit lyk asof daar deesdae iets in die water is in Hollywood, want kyk net hoe baie ander bekendes het ook tweelinge: Angelina Jolie en Brad Pit se Vivienne en Knox Jenifer Lopez en Marc Anthony se Max en Emme Celine Dion en Rene Angélil se Nelson en Eddie

Charlie Sheen and Brooke Mueller se Bob en Max Julia Roberts en Danny Moder se Phinnaeus en Hazel Patrick Dempsey (McDreamy van Grey’s Anatomy) en sy vrou, Jillian, se Darby en Sullivan    Dennis Cauad en sy vrou, Kimberly se Thomas en Zoe Micheal J Fox en  Tracy Pollan se Aquinnah en Schuyler P Diddy en Kim Porter se D’lila en Jesse Marcia Cross (Brie van Desperate Housewives) en Tom Mahoney se Eden en Savannah Lance Armstrong en Kristen Richard se Isabelle en Grace