Die tweede fliek in die Twilight-sage, New Moon, het Vrydag 27 November in Suid-Afrikaanse fliekteaters begin draai. En wêreldwyd loop vampierkoors hoog met veral die hoofspelers Robert Pattinson en Kristen Stewart op almal se lippe en fliekrekords wat spat!

Die groot vraag is....Is hulle of is hulle nie 'n paartjie in werklike lewe nie...? In die Desember-uitgawe van Harper's Bazaar 'speel' dié twee die 'hoofrol' op die voorblad met die allermooiste foto's binne. Hulle gesels openlik oor hul verhouding en verklap 'n hele paar dingetjies wat jy nie van hulle geweet het nie.