Dit was 'n intieme geleentheid waar slegs goeie vriende en familie teenwoordig was, berig people.com.

Toe hulle verloof geraak het, het die media ook eers daarvan uitgevind toe sy verlede jaar by die Edinburg-filmfees met 'n verloofring aan haar vinger op die rooi tapyt verskyn het. 

Haar rok was uit Amsale se Christos-reeks, en sy het oorbelle deur die ontwerper Fred Leighton gedra.

America en Ryan het as studente aan die Suid-Kalifornië-universiteit ontmoet.