Bobby van Jaarsveld se biltong-en-koffiewinkel, Bob's Biltong and Coffee Bar, is amptelik oop! Die gewilde sanger en The Voice-beoordeelaar het die opwindende nuus op Instagram gedeel. Sy trotse suster Karlien en honderde aanhangers het hom geluk gewens.

FOTO: Instagram / @bobbtvanjaarsveld
FOTO: Instagram / @bobbyvanjaarsveld
FOTO: Facebook / Bob's Biltong and Coffee Bar

Bobby het in Mei aan The Juice vertel dat hy sy liefde vir biltong en koffie met Bob's Biltong and Burger Bar kan uitleef, en dat dit ook 'n natuurlike besluit was omdat sy familie al lank in die biltongbedryf bedrywig is. 

Die winkel is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Bobby het vandeesweek die eerste tak geopen in The Grove, Pretoria. Sy biltong en droëwors sal ook beskikbaar wees by die Afrikaans is Groot-vertonings. Ons hoop om binnekort nog takke regoor die land te sien!