Die dag wanneer jy pa word, lyk en klink die lewe anders. Drie sangers vertel hoe hul kroos hul lewe met nuwe musiek, hoop en liefde vul.

Ni´ks klink so mooi soos wanneer jou kind jou “pa” noem nie. Die sangers Jak de Priester, Joshua na die Ree¨n en Heinz Winckler beaam dit.

Hulle raak skoon week as jy net hul kinders se name noem.

“Ek het nie besef ek het soveel liefde in my nie. Na´ elke kind – Lian (5), Simeon (3) en toe weer Reuben (1) – is daar plek vir no´g een,” vertel Heinz, wat saam met sy vrou Alette´, ’n stylkonsultant, op Somerset-Wes woon.

Sedert Jak pa geword het van Jamie (5) en Mija (4), beleef hy alles meer intens. “Ek moes wel besef ek kan nie die res van die we^reld se probleme oplos nie. Maar ek ka´n die wonderlikste lewe op aarde vir die´ twee skep. Ek en my vrou, Michelle [sy help met sy administrasie], sien ook vreeslik uit na die nuwe boetie wat in Julie sy opwagting maak.” Die gesin woon in Pretoria.

Pa-wees is nog baie nuut vir Pretorianer Joshua na die Ree¨n. “Ek het daardie eerste keer [op 11 November, haar geboortedag] in Ana´n se ogies gekyk

en besef sy vertrou my en my vrou, Dane´l [spraakterapeut en oudioloog], onvoorwaardelik en die´ wete verander jou lewe onherroeplik.”

Een ding is seker: a´l drie pa’s sing lofliedere oor hul kinders ...

Klik op die foto's om meer te lees

Jak de Priester by Mija (links) en Jamie FOTO: Phyllis Green STILERING: Fanie Cronjé Jak de Priester by Mija (links) en Jamie
FOTO: Phyllis Green
STILERING: Fanie Cronjé

"Als gaan oor liefde" - Jak de Priester

Joshua na die Reen Joshua na die Reën en Anán FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa

"Ons het min antwoorde, maar baie vrae" - Joshua na die reën

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3)  FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3)
FOTO: Willem Lourens
STILERING: Danny Toüa

Heinz Winckler: ‘Ouerskap is ’n groot see¨n’