Reeds raadop oor hoe om die kinders besig te hou die res van die vakansie? Hier is ’n lys van aktiwiteite vir die hele gesin in ’n paar groot stede:

Ratanga Junction, Kaapstad

Met meer as 30 attraksies bied Ratanga aktiwiteite vir kinders en avontuurlustige volwassenes. Toegang vir kinders onder 1,3 m is R45 p.p.

Oop van 8 - 17 Julie 2017 Oop van 8 - 17 Julie  Toegang R95 p.p.

Snow World, Kaapstad

Dié binnenshuise sneeupark met onder meer glyplanke by die GrandWest Casino bied pret vir jonk en oud.

R50 - R140 Oop van 10:00 - 23:00 R50 - R140
Oop van 10:00 - 23:00

Gateway to Space-uitstalling, Johannesburg

Vir ’n buiteruimtelike ervaring, besoek die Gateway to Space-uitstalling aangebied deur Huisgenoot, You en Drum – die grootste in sy soort wat Suid-Afrika nóg gesien het.

Toegang R120 - R180 Toegang R120 - R180 van 1 Junie tot 31 Julie by die Sandton-konferensiesentrum

Cedar Junction Theme Park & Country Fair, Pretoria

Ry deur tonnels en oor brûe op replikas van regte treine. Daar is ook springkastele, trampoliens, diere en vele meer.

Oop Woensdae - Sondae 08:00 - 17:00 Oop Woensdae - Sondae
08:00 - 17:00

uShaka Marine World, Durban

Die akwarium is ’n pragtige uitstalling van die seelewe, terwyl daar ook waterglyplanke is en inkopies gedoen kan word by die Village Walk.

Oop van 09:00 - 17:00 R130 - R199 Oop van 09:00 - 17:00
R130 - R199

Cheetah Experience, Bloemfontein

As jy op soek is na hartverwarmende en asemrowende ervarings, is Cheetah Experience die plek om te wees dié skoolvakansie.

R80 - R120 Oop Dinsdae - Sondae 10:00 - 15:00 R80 - R120
Oop Dinsdae - Sondae
10:00 - 15:00