’n Glimlag, mooi kaartjie, skemerkelkies op ’n eiland ...

Daar is al hope boeke geskryf oor die liefde, ons praat graag oor helde en heldinne in romantiese komedies (waarvan ons baie al ’n paar keer gesien het), die internet wemel van aanhalings oor die liefde ...

Want, soos die Franse dramaturg, digter en skrywer Victor Hugo onder meer gesê het: "Die volmaakte geluk in die lewe is die wete dat iemand jou liefhet."

Party mense trek hul neus op vir Valentynsdag. "Oee, dit is so kommersieel. Desperate mense, uitgehonger vir die liefde, val tog so maklik vir al die foefies ...’’

Maar peperduur geskenke is onnodig (tensy jy natuurlik kan en wil!). Ons het al almal gehoor dat dit die klein dingetjies is wat mekaar gelukkig kan maak en geliefd laat voel. Die Amerikaanse skrywer Maya Angelou vat dit mooi raak:’’If you have only one smile in you, give it to the people you love.’’

SARIE het met drie glans-egpare gesels oor hul planne vir Saterdag, 14 Februarie.

Tim Theron, akteur en rolprentmaker

FOTO: Phyllis Green Tim en Juanli Theron

"Gewoonlik maak ons nogal iets van Valentynsdag. Piekniek op Vlaeberg, dan drentel ons rond in Kaapstad, en die aand sluit ons af met ’n romantiese ete ... Maar met die bekendstelling van Mooirivier in Februarie (hy was een van die romantiese helde in die prent, en is ook ’n vennoot van Kaapland Films wat dit vervaardig het) was ons so besig. Boonop is ons kleintjie, Sophia, drie maande oud en dinge baie bedrywig. Dit raak elke dag lekkerder om pa te wees.

Ek en Juanli het besluit op ’n uitgestelde Valentynsdag of selfs -week. Sy is lief vir skemerkelkies en lang, wit strande. Ek verkies meer beweging, ’n stad soos New York. Maar ek dink ons het die vrede van ’n ongerepte wit strand meer nodig.’’

Die aktrise Nadia Beukes

nadia beukes_021

"Ek is ’n outydse romantikus en soek enige verskoning vir ’n geleentheid om iemand te laat gimlag. Mense sê graag dit is ’n kommersiële ding, maar dit is onnodig. Ek is ’n moeitedoen-mens wat iemand spesiaal wil laat voel. My ma, Eureka, ’n onderwyseres in Centurion, gee tot vir my elke jaar ’n klein Valentynsgeskenkie - ’n sjokolade of sleutelhouer. Miskien omdat sy bang is ek kry niks anders nie! (lag)

Ek het nie ’n kêrel nie, maar ’n goeie vriend. Hy gaan my bederf met ’n Jak de Priester-show by die Atterbury-teater in Pretoria.

Saterdag (Valentynsdag) skop af by kykNET se Buite-Expo op Malmesbury in die Swartland, waar ek ’n potjiekos-wedstryd beoordeel. Die middag vlieg ek terug vir Jak se show. Sondag gaan ek en my pêls en goeie vriend die middag na Mooirivier [waarin Nadia ook speel] kyk by die Cresta-rolprentteater naby my huis in Weltevredenpark, Johannesburg.

Ek erken openlik: ek is lief vir Die Liefde.’’

Kyk HIER hoe mooi het Nadia by die première van Mooirivier gelyk.

Carla Else, aktrise, getroud met rolprentmaker en regisseur Sean Else

Carla en Sean Else met hul kinders, Vaugh , Caylem en die jongste Daniel FOTO: Facebook Carla en Sean Else met hul kinders, Vaugh , Caylem en die jongste Daniel
FOTO: Facebook

"Ná drie jaar se getroude lewe is Sean my favourite mens op aarde. Hy bederf my élke dag. Ek kry gereeld sjokolade, blomme, hy kook elke aand kos ... Hy is ’n goeie gesinsman. Dit gaan nogal soms rof in die huis met klein Daniel wat nou maar net 17 maande oud is en Caylem (9) en Vaughn (7). Ons nuweling kom in April en hy is ‘besig’, maar dit gaan goed met my swangerskap. Ons gaan niks buitengewoon op Valentynsdag doen nie, ons lewe is maar baie boring. Sean begin Maandag skiet aan Man soos my pa. Hy doen voorbereiding en moet rus.’’

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

Lees nou