Die geleentheid is 'n samekoms van vier manne wat een ding gemeen het – om te reis en terug te kom en daarvan te vertel. In hierdie verhoogoptrede sal die Drie reisigers stories vertel en voorlees uit hul oudioboek Drie reisigers aan die woord.  

Daarmee saam sal Valiant Swart liedjies van die langpad sing.  

Ná afloop van die optrede het die gehoor ook die geleentheid om saam met die vier manne oor 'n glasie Beyerskloof te kuier.   

Wen kaartjies na die optrede en die oudioboek hier.

BOEKE DEUR DIE MANNE

•    Valiant het onlangs die digbundel Toorwoorde die lig laat sien.
•    Johan se reisjoernaal Casablanca tot die Kaap is nou reeds vir etlike maande op die topverkoperlys, terwyl Van die Kaap tot Kilimandjaro, Van Kilimandjaro tot by Kaïro en Van Gansbaai tot Gaboen ook steeds gewild is.  
•    Johan Bakkes se Samoe(r)sa reis is steeds gewilde leesstof. Ander leesstof uit sy pen is Moer toe die vreemde in en Norrevøk.
•    Dana Snyman se fyn waarneming van ons samelewing is in vier bundels opgeneem: Anderkant die scrap, Op die toneel, Op die agterpaaie en Uit die binneland.

Al dié boeke is danksy Graffiti by die optredes beskikbaar.

Optredes is op 5 en 6 Augustus 2011 om 20:00 in die Atterbury-teater by Lynnwood Bridge in Pretoria.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Vir meer inligting, kontak die Atterbury-teater by lorinda@atterburytheatre.co.za

Luister hier na Barbier van Nefertiti:

Luister hier na Goeie tyding deur Dana Snyman:

Staan 'n kans om een van 6 dubbelkaartjies en die oudioboek Drie reisigers aan die woord te wen. Skryf hier in: