Die vakbond Solidariteit se burgerregte-inisiatief AfriForum is ook betrokke en het die publiek uitgenooi om om 10:00 by die Kunsmuseum by hulle aan te sluit. Daarvandaan sal mense na die Uniegebou stap, waar ’n memorandum aan die regering oorhandig sal word.

“Ons gaan swart dra wat rou verteenwoordig,” verduidelik Karlien op ’n video oor die optog, “en ook iets wit wat wys dat ons in vrede stap vír vrede. So ek nooi julle uit: Kom stap saam met ons en maak dit die moeite werd.”

Bobby sê in ’n persverklaring slagoffers van geweldsmisdaad sluit hul ondersteuners in. “Ons kan nie stilsit en toekyk hoe hulle daagliks uitgelewer is aan misdaadbendes wat besig is om mense se regte en vryhede te vertrap nie.”

Nog bekendes wat gaan saamstap, sluit die groep Adam en die sangers Corlea Botha, Lianie May, Dozi en Izak Davel in.

Hier's foto's van die geleentheid (bron: Twitter.com)

#stapteengeweld - optog in PTA

#stapteengeweld - optog in PTA

#stapteengeweld - optog in PTA

Vir meer inligting, besoek die webwerf www.stapteengeweld.co.za.

Kyk hier na die video