Behalwe dat albei talentvolle en beeldskone aktrises is, wat het Jessica Alba en Zetske van Pletzen gemeen? Dié twee, nes talle ander bekendes, het ander bronne van inkomste.   Kom ons kyk watter ekstra werk plaaslike en internasionale bekendes doen - vir die liefde daarvan of sommer vir ’n ekstra geldjie.

Suid-Afrikaanse bekendes - kop vir besigheid en boeke

Margit Meyer-Rödenbeck is glad nie so dof soos haar lawwe alter ego,Dowwe Dolla, nie. Dié komediant is ook die mede-eienaar van Die Boer-teater en -restaurant in Durbanville, naby Kaapstad. Talle bekendes soos Emo Adams en Karen Zoid het al hier opgetree. Margit Meyer-Rödenbeck FOTO: SARIE Margit Meyer-Rödenbeck
FOTO: SARIE Ons ken haar as Bakgat! se bitsige, blonde Christie Barnard, maar aktrise Ciske Kruger is ook mede-eienaar van en stileerder by Dis’se Moet-haarsalon in Johannesburg. Lees meer oor dié loopbaanskuif HIER. http://instagram.com/p/r_qcfQQLGb/ Kurt Darren se vrou, Dunay van Heerden, is mooi én slim! Sy het verlede jaar haar meestersgraad in sielkunde aan die Noordwes-universiteit verwerf. Die wenner van die eerste Afrikaanse Idols, Dewald Louw, is meer as net sy goue stem. Vanjaar gaan die sanger se meestersgraad in sielkunde hom ook heelwat besig hou.

http://instagram.com/p/xmJSo6MrPD/

Zetske van Pletzen het haar eie klerereeks, maar het jy geweet dat sy ook deur die pos Frans studeer?

http://instagram.com/p/xjZUWkQZPv/

So maak Hollywood-sterre ekstra dollars

Kuns

Charlie's Angels se Lucy Liu is ook ’n talentvolle kunstenaar. Tot 2009 het sy onder die skuilnaam Yu Ling geskilder, maar sy gebruik nou haar eie naam vir haar nuutste werk.

Platejoggie

Idris Elba het sy ernstige kant gewys in Mandela: Long Walk to Freedom, maar in sy spaartyd hou hy ook sy lyf platejoggie. Sy nuwe album, mi Mandela, is geïnspireer deur ons voormalige president.

Pruike

Raquel Welch, die seks-simbool van 1966 se One Million Years B.C., verkoop haar eie reeks pruike met die naam 'HairUWear'. FOTO: Twitter @Raquel_Welch FOTO: Twitter @Raquel_Welch

Organiese kos-reeks

As aktrise en model word Elizabeth Hurley geken aan haar slanke lyf. Dit sal seker nie seer maak om haar organiese bees-, vark- en skaapvleis deel van ons dieet te maak nie.  

Restaurant-eienaar

Sandra Bullock laat ons lag in flieks soos The Proposal en Miss Congeniality. Maar het jy geweet dat sy ook meer as een winsgewende restaurant besit? FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Babaklere en -produkte

Die ma van twee Jessica Alba besit haar eie reeks baba- en gesinsprodukte. Haar suksesvolle maatskappy, The Honest Company, verkoop alles van nie-toksiese huishoudelike skoonmaakmiddels tot babadoeke van organiese materiaal.