Sanger Bouwer Bosch en aktrise Leandie du Randt, een van SA se nuutste glanspaartjies, was eers goeie vriende. Hulle gesels hoe hulle verhouding van vriendskap na romanties verander het én wat die uitdagings hiervan is.

Die aktrise Leandie du Randt, wie se eerste boek, Gemaklik in jou eie lyf, vanjaar verskyn het, het ook vroeër vanjaar met haar goeie vriend, die sanger Bouwer Bosch, begin uitgaan. Hulle het mekaar leer ken tydens die verfilming van Klein Karoo in 2012, maar Leandie was toe nog in ’n verhouding.

“Toe ek Bouwer ontmoet, was ek dadelik aangetrokke tot hom as mens en ons was mal oor mekaar, al was dit net as vriende.”

Nadat haar verhouding geëindig het, het sy en Bouwer meer tyd saam begin deurbring en sy het besef sy voel anders oor hom as voorheen. FOTO: Instagram (@leandiedurandt) FOTO: Instagram (@leandiedurandt) “Ons het toe een aand uitgegaan vir sy verjaardag en hy het voor ete my hand gevat om te bid. Ek het in trane uitgebars en besef ek het diep gevoelens vir hom ontwikkel.

Ek móés hom toe vertel en hy het dieselfde gevoel, maar wou voorheen niks sê nie omdat ek in ’n verhouding was.

Leandie en Bouwer was bang om ’n kans te waag, want sou die verhouding nie uitwerk nie, sou die vriendskap ook verby wees.

“Maar ons het gevoel die vriendskap sal in elk geval nooit weer dieselfde kan wees nie. Ons gevoelens was so sterk dat ’n verhouding die enigste opsie was. Nadat ons dit besluit het, het ’n vrede oor ons albei gekom. En ons was opgewonde om dié mens, wat jy so goed ken, te kan begin bederf en liefhê op ’n dieper vlak.”

Bouwer Bosch en Leandie du Randt in sy nuwe musiekvideo FOTO: verskaf Bouwer Bosch en Leandie du Randt in sy nuwe musiekvideo
FOTO: verskaf

VAN VRIENDE NA MEER

Leandie sê ook sy en Bouwer moes moeite doen om sekere vriendskaplike gewoontes stop te sit. “As vriende sou ons sommer maklik vir mekaar dinge sê soos: ‘Wat het jy aan? Sis!’ Maar in ’n verhouding kan dit seermaak. Jy moet steeds eerlik wees, maar ons sal onsself nou met meer deernis uitdruk.”

November 2014 andrea streso nov

* Ons gesels ook met aktrise Vicky Davis en die musikant Schalk Joubert in die November-uitgawe van SARIE oor hul vriendskap wat romanties geword het - dié paartjie het ook onlangs getrou én verwag hul eersteling.

STADIG OOR DIE KLIPPE - Kenners gee raad

Hou dié in gedagte voor jy jou romantiese gevoelens met ’n vriend deel, sê Lomé Koekemoer, ’n sielkundige van Johannesburg en Riëtte du Preez, ’n sielkundige van Johannesburg

  • Maak seker van jou gevoelens en moenie ’n vriendskaplike band vir romanse misgis nie. As jy verlief is, is daar fisieke tekens soos die gevoel van vlinders in jou maag. Jy dink dalk heeldag aan die persoon of verander jou gedrag om by hom aan te pas. Let op na dié tekens in jouself en die ander persoon om seker te maak daar is ’n chemiese “band”.
  • Gee jouself ’n bietjie meer tyd en afstand sodat jy objektief oor die situasie kan nadink. Sal ’n romantiese verhouding op ’n praktiese vlak ook ’n goeie idee wees? Wil julle dieselfde dinge in ’n verhouding hê?
  • Voor jy die kans vat, weeg jou romantiese gevoelens teenoor jou gevoelens vir die vriendskap op: jou gevoelens het dalk in elk geval reeds só verander dat die vriendskap nie meer bevredigend sal wees nie.
  • As jy seker is jy wil die kans vat, wees bedag daarop dat die ander persoon dalk nie dieselfde voel nie – al is hy lief vir jou as ’n vriend. ’n Sterk vriendskap sal dit egter kan oorleef, as julle mekaar ná die tyd ’n bietjie ruimte gee en tyd met ander vriende deurbring tot dinge oorgewaai het.
  • Gesels persoonlik met jou vriend sodat daar nie verwarring deur SMS’e of e-posse kan wees nie, en jy sy reaksie ook kan waarneem. Dit sal jou ’n meer volronde idee gee van hoe hy voel.

KONTAK