Hy en die blondine is volgens ooggetuies by die gewilde en trendy eetplek The Grand Beach Café in Grangerbaai, Kaapstad, gesien. Hy met 'n wolmus en serp sodat niemand hom moet herken nie. Sy het hom volgens die ooggetuies totaal betower.

Ryan (31) en die aktrise Eva Mendes (38) is die afgelope 6 maande al 'n paartjie, maar die Daily Mail berig dat hy aan vriende verklap het dat hy "tyd nodig het om te dink" oor hul verhouding. Die twee het ontmoet tydens die verfilming van The Place Beyond The Pines, 'n fliek wat later vanjaar uitgereik sal word. Volgens Eva se publisiteitsagent is die twee steeds saam.

Ryan het voorheen met Sandra Bullock, Rachel McAdams, Blake Lively en Olivia Wilde uitgegaan, en Sandra en Rachel as die "bestes" uitgesonder.