Die aktrise, skrywer en TV-aanbieder Vicky Davis het die afgelope naweek verloof geraak aan haar musikant-kêrel, Schalk Joubert.

Gelukwensings vir die pasverloofde paartjie het die afgelope naweek op Facebook ingestroom. Vicky en Schalk, wat ’n kitaarspeler is, het vroeër vanjaar hul verhouding amptelik met die publiek begin deel.

Het jy geweet? Vicky Davis is ’n bekroonde kinderboekskrywer

Vicky en Schalk by vanjaar se Kanna-toekennings FOTO: Anelia Loubser Photography Vicky en Schalk by vanjaar se Kanna-toekennings
FOTO: Anelia Loubser Photography

Die wenners by vanjaar se Kanna-toekennings ...

Die paartjie ken mekaar al vir jare, maar dit het ’n ruk geneem voordat albei enkellopend én bewus van hul verliefdheid op mekaar was.

Vicky praat oor haar kinderboek

"Soms is die grootste liefde reg voor jou oë, en wanneer jy dit eindelik raaksien, besef jy dit was nog altyd daar," het Vicky vroeër vanjaar aan SARIE.com vertel.