Vicky se gunstelinge:

  • Japannese animasie --  sy was ook al in Japan.
  • As iemand aan haar voete vat.
  • Die winter, en sy hou van see toe gaan in die reën.
  • Soesjie, soetgoed en spoed.
  • Oudhede, geskiedenis-programme en Tweede Wêreldoorlog-flieks soos The English Patient en The Thin Red Line.
  • Enigiets wat Indies is. (Lees dié reisartikel as jy ook 'n liefde vir Indië het)

Dinge wat niemand van Vicky weet nie:

  • Sy kan klavier speel, maar nie sing nie.
  • Haar volle name is Heloïse Victoria en sy het Italiaanse bloed.
  • Sy wil leer beeldhou.
  • Sy kry soms erge migraines.
  • Sy praat vreeslik in haar slaap.
  • Sy is 'n katfluisteraar.
  • Sy dink sy was in haar vorige lewe Indies en het 'n sari gedra.

Loer ook agter die skerms toe haar voorbladfoto's vir die Oktober 2009-SARIE geneem is.