Victoria Beckham het onlangs haar geheime vir haar jeugdige vel met Vogue gedeel.

Dié 40-jarige mode-ontwerper en ma van vier - Brooklyn (15), Romeo (11), Cruz (9),  en die 3-jarige Harper - neem meer as 60 vitamien- en ander aanvullings per dag!

"Twee-en-twintig aminosure, 12 vitamiene, 28 minerale," vertel sy aan dié glanstydskrif oor haar daaglikse roetine. "En moet asseblief nie skryf dat ek heeltemal mal is nie! Ek het baie energie nodig!"

Victoria lyk baie verskillend op die twee voorblaaie vir die Augustus-uitgawe van die Britse Vogue - ja, die tydskrif het twee afsonderlike voorblaaie met haar geskiet.

august-2014-vogue-1jul14-mag_b_426x639_1 MUST-RUN---Vogue-Aug14-Cover_glamour_2jul14_PR_b_426x639

Sy verruil haar hoëhakskoene en stywe klere vir gemaklike uitrustings - en saam met haar op een van die voorblaaie is selfs ’n oulike hond. Dís Victoria soos jy haar nog nie gesien het nie.

Maar sy sê dit pla haar nie om iets anders te probeer en haar styl te verander vir mense wat weet wat hulle doen nie. En soms is dit net wat jy nodig het. Dít het baie van die Glamour Makeover-mooimaakspan se kliënte al ervaar - kyk na hul mooimaaksessies HIER.

Wat sy nóg verklap

Oor 40 word

Ek het na myself gekyk toe ek 40 geword het en vir myself gesê: Ek het 4 ongelooflike kinders, ’n wonderlike man en ’n onderneming wat goed doen. Ek het hard gewerk en reeds baie behaal. Ek dink nie ek kon veel meer behaal nie ...

Haar oefenroetine

Ek was by ’n aandete saam met Gwyneth Paltrow en Valentino en het vir Gwyneth gesê sy het ’n asemrowende lyf. Sy het my toe aan Tracy Anderson bekend gestel. Ek was swanger met Harper toe ek met Tracy se oefenprogram begin het, dit is baie uitdagend.

Oor haar man, David Beckham

Ek sou nie wees waar ek is sonder David nie. Hy gee my die sekuriteit en die aanmoediging om te doen wat ek moet. Ek doen dieselfde vir hom.

Bron: Vogue, Glamour, Hello!