Tot siens, Paula Abdul! Posh Spice is hier (of so sê die Daily Mirror). Abdul het op Twitter gesê sy verlaat die gewilde TV-program en Simon Cowell moes inspring met 'n plaasvervanger. Daar is toe besluit om 'n hele rits gas-beoordelaars in te bring, waarvan Beckham een is.

Sy lag al die pad bank toe met 'n allemintige £155,000, wat sy per episode gaan kry. Sy't tot op hede net ingestem vir twee, maar daar word beweer dat sy waarskynlik die reeks enduit sal sit saam met Randy Jackson, Kara DioGuardia en Simon Cowell. (Dis immers nie 'n geleentheid wat enige ster van die hand sal wys nie.)

(Bron: www.handbag.com)

Besoek The Victoria Beckham Collection-webtuiste

Word ook 'n fan van die dVd Victoria Beckham-blad op Facebook

Hoor wat sy oor haar nuwe 'werk' te sê het: