Volgens thesun.co.uk het die werwel tydens Harper se geboorte geskuif.

“Sy het baie erg rugpyn tydens die swangerskap gehad, en dit het net erger geraak ná die geboorte. X-strale wys dat ’n werwel in haar rug geskuif het,” het 'n bron aan The Sun vertel.

Die 37-jarige modeontwerper is deur dokters belet om haar kenmerkende stiletto’s te dra totdat haar rug gesond is.

Blykbaar het sy dae lank op die internet gesoek na skoene wat steeds haar beeld gestand sou doen, maar kon niks vind wat haar nie soos "'n gholfstok" laat lyk het nie, berig monstersandcritics.com.

Victoria het net daar besluit om vir haar splinternuwe, plat, Louboutins en Roger Viviers te laat maak. Dié gesogte skoen-handelsmerke is peperduur en baie eksklusief.

Die New Yorkse Modeweek is om die draai en Victoria sal steeds fantasties lyk, hoewel sy bietjie korter sal wees.

Volg SARIE op Twitter en Facebook

Victoria en Harper