Elke jaar is die Victoria’s Secret-vertoning een van dié waarna die modewêreld die meeste uitsien. Hoewel die kledingstukke totaal onprakties is, kan ons ons verkyk aan die asemrowende items.

Vanjaar se fantasiebra het ’n allemintige 2 100 Swarovski-diamante én 930 uur gekos om te maak. En die prys? $1 miljoen (sowat  R14 miljoen).

Die gelukkige engel wat die diamant-skepping gaan dra, is die Sweedse model Elsa Hosk.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Laas jaar se fantasiebra het 600 diamante en 6 000 eldelstene daarop gehad. Dit het 350 uur geneem om te voltooi en die Brasiliaanse model Lais Ribeiro was die engel.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images