Hy het aan Aden Thomas van 567 CapeTalk vertel hoe hy sy naam by die stalletjie net voor Groban se Kaapse vertoning opgeskryf het, en Groban hom toe op die verhoog roep. Hulle het Happy Birthday vir ene Erica in die gehoor gesing.

Die hoogtepunt was egter Ferdi se stem, hy't selfs vir Josh twee keer laat kyk. Die skare het gejuig! Kyk maar self die video. Is hy ons volgende Idols-wenner, of hoe?