Die 35-jarige Matt Hulbert het sy meisie, Janice Fletcher (33), wat oorspronklik van Oos-Londen is, in 'n video gevra om met hom te trou. En die persoon in die hoofrol? Die Amerikaanse akteur Zach Braff.

Matt het geld aan Zach se onafhanklike filmprojek geskenk. In ruil het het hy gevra of dié akteur hom sal help met sý spesiale projek. In die video moedig Zach, familie, vriende en kollegas van die paartjie Janice aan om "ja" te sê as Matt die vraag vra.

SARIE BRUID: Wie betaal wat vandag?

Matt, 'n aspirant-musikant, het vir Janice die video gewys en haar reaksie op kamera opgeneem. Sy was duidelik baie verras en word emosioneel soos wat sy dié video kyk. Daarna het hy op sy knie afgesak en vir haar in persoon die ja-woord gevra - en sy het ingestem.

Hy het dié video, wat haar reaksie ook insluit, op YouTube gelaai. Meer as 'n miljoen mense het dit al gekyk.

Janice is van Oos-Londen maar woon die afgelope 7 jaar in Engeland. 

INSPIRASIE: Troudekor

HIERONDER is die romantiese video:

IS DIT VIR JOU ROMANTIES? HOE IS JY GEVRA OM TE TROU?

Bron: Daily Mail