Christina het 'n brief saam met dié video aan haar ondersteuners gestuur. Die liedjie is al verlede jaar bekend gestel, maar die video nou eers. "Ek wil graag dié video opdra aan al my aanhangers wat my deur die jare so getrou ondersteun het," het sy op haar webtuiste geskryf. "Ek is só dankbaar en geseënd met jul toewyding en tyd, met jul goedheid en begrip, en met jul geduld en deernis."

Christina se bekendstelling van 'Let There Be Love' het in 2012 dalk nie 'n groot ophef veroorsaak nie, maar met dié musiekvideo kry dit die nodige aandag. Die tema van die lied is om jou medemens lief te hê - maak nie saak watter geslag, ras of seksuele oriëntasie die mens is nie. Christina se 2009-lied 'Beautiful' het ook 'n sterk tema gehad, dié van selfaanvaarding.

Deel die liefde met hierdie pienk en rooi uitrustings en geskenke uit die SARIE-winkel:

Shift Dress with Tipping

 

Cowl-back Dress

 

Small Sweetheart Bowl

 

Home Sweet Home hooks

Pia Wedges

 

Retro drop earings

Maak ook seker jy het wimpers soos Christina s'n - kry dit só!