Die sangers, wat al sedert Augustus 2012 saam gesien is, maar eers onlangs vas begin uitgaan het, het op die ontbytjoernaal-program Good Morning America verskyn. En hy kon nie uitgepraat raak oor sy meisie nie!

"Dit is die ding as jy werk saam met iemand vir wie jy lief is - jy kry die kans om hulle heeltyd te sien. Ek móés net iets saam met my meisie doen!" het hy gesê.

Hy het ook gesê sy het goeie werksetiek, "sy is ’n super-ster vir ’n rede!" het hy gespog.

Dié onderhoud kom net ná die beweringe dat John nie saam met haar aan dié liedjie wou werk nie, maar dat sy vervaardiger hom aangemoedig het om saam met sy bekende meisie te werk.

Maar in die onderhoud maak hy dit duidelik dat hul samewerking baie professioneel was. "Sy was ’n kunstenaar in die ateljee en ’n maat buite die ateljee."

Katy het vroeër vanjaar oor haar aan-af-verhouding met dié rokjagter gesê dat sy “dolverlief” is op hom. Volgens haar het hy ’n “pragtige gemoed”, maar hy is ’n “gemartelde siel”. En met John se string eksmeisies, onder andere Miley Cyrus, Jennifer Love Hewitt, Jessica Simpson, Jennifer Aniston én Taylor Swift, kan ons sien waarom sy so sê!

Vanity Fair het die geleentheid gehad om die eerste fotosessie met die bekende paartjie te doen. Kyk na die foto's wat Mario Sorrenti van hulle geneem het HIER.

FOTO: Mario Sorrenti vir Vanity Fair FOTO: Mario Sorrenti vir Vanity Fair

Kyk hier na dié musiekvideo:

En hier is hulle eerste TV-onderhoud: