Die komediant James Corden het ’n "Bad Romance" met Lady Gaga. Ja, jy lees reg, dieoomblik waarvoor ons al so lank wag, is uiteindelik hier! Dié sangeres verskyn op The Late Late Show with James Corden (beskikbaar op ShowMax) se gewilde insetsel “Carpool Karaoke”. En dís beslis een wat jy nie wil misloop nie.

A photo posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Die twee sing lekker saam op van Lady Gaga se bekendste treffers en bespreek ook hoe Lady Gaga gevra is om by die Super Bowl se halftyd-vertoning op te tree. Daar is selfs ’n kostuumverandering!

Kyk die video hier:

Michelle Obama in ‘Carpool Karaoke’

Die sangeres het vroeër vandeesmaand die enkelsnit “Million Reasons” van haar nuutste album, Joanne, vrygestel. Joanne kom 3 jaar ná die bekendstelling van haar vorige album, Artpop.

Die "Born this way"- sanger is nou deel van die groep celebs wat al so lekker saam met James gesing het, onder andere Jennifer Lopez, Justin Bieber, Adele en selfs Michelle Obama.

Lees nou

Dorothy se rooi skoene is gered!

Beyoncé nou ook ’n Barbie

Skoene wat jy móét hê op 30!