Nie net is sy een van Hollywood se grootste aktrises nie, maar ook ’n model, mode-ontwerper en soms selfs ’n joernalis. En nou het dié 38-jarige ook haar vaardighede as sangeres op haar CV gevoeg nadat sy haar sangtalent gewys het in ’n duet met Miguel. 

Penélope se musiekvideo

Die lied "Decirnos Adiós" is op Miguel se jongste album en Penélope se broer, Eduardo Cruz, het met die vervaardiging gehelp.

Die swart-en-wit musiekvideo waarin Penélope in swart onderklere verskyn, is verlede jaar in ’n hotel in die Spaanse hoofstad, Madrid, geskiet.

In 'n onderhoud met die Spaanse media het Miguel gesê die Vanilla Sky-aktrise se stem het “persoonlikheid”. “Penélope sing fantasties. Sy het baie persoonlikheid in haar stem en sy geniet dit om te sing – iets wat jy nie van almal kan sê nie.”

Penélope se musiekvideo

Dit beteken egter nie Penélope gaan haar fliekloopbaan afskeep nie. Teen die einde van die jaar word The Counselor vrygestel waarin sy teenoor Brad Pitt en haar man, die No Country for Old Men-akteur, Javier Bardem, speel.

HIERONDER is die musiekvideo: