Pippie Kruger het Oujaarsaand 2011 derdegraadse brandwonde oor sowat 80% van haar lyfie opgedoen nadat ’n bottel vuuraansteekmiddel in haar pa, Erwin, se hande ontplof het.

Ná 'n opspraakwekkende veloorplanting in die Garden City-kliniek in Johannesburg mag sy vir 'n naweek huis toe gegaan het. Haar ma, Anice Kruger, bly tans in Melville en 'n pienk kamer is spesiaal vir Pippie voorberei.

Beeld.com het hierdie roerende video van haar tuiskoms gemaak.