Prins William het almal verras toe hy gisteraand op die verhoog gespring en saam met Taylor Swift en Bon Jovi gesing het.

Niemand kon raai dat prins William iets in die mou gevoer het toe hy vóór die Winter Whites Gala by Kensington-paleis vir Bon Jovi en Taylor Swift ontmoet het nie. Maar teen die einde van die aand het hy saam met Bon Jovi op die verhoog gespring - en gesê hy sal net sing as Taylor Swift saamsing.

Taylor Swift, Bon Jovi en prins William FOTO: YouTUbe Taylor Swift, Bon Jovi en prins William FOTO: YouTUbe

Dié drie het die sowat 600 gaste vermaak met Bon Jovi se bekende liedjie "Livin' on a prayer". Prins William, wat glo ook by sy niggie Zara Tindall se troue gesing het, het eers effens ongemaklik gelyk, maar vinnig sy voete op die verhoog gevind.

Kyk hier na die oulike video:

Dié geleentheid is ten bate van die liefdadigheidsorganisasie Centrepoint gehou wat jongmense help wat dakloos is. Die 23-jarige Taylor Swift het vir William bedank vir sy belangstelling in jongmense. Sy het later aan die media vertel dat prins William baie snaaks is. Bon Jovi is deur die paleis vir sy liefdadigheidswerk vereer.

FOTO: YouTube Taylor ontmoet vir William vóór die geleentheid FOTO: YouTube

FOTO: YouTube William ontmoet vir Taylor vóór die tyd FOTO: YouTube

VIDEO: Prins William en Taylor Swift ontmoet mekaar voor die geleentheid begin het