Die Springbok en Cell C Shark-speler Bismarck du Plessis is die ster in ’n splinternuwe snaakse advertensie wat fliekgangers waarsku om hul selfone af te skakel.

Moenie in die teater praat as Bismarck naby is nie! In dié advertensie praat ’n man hard in die filmteater en net soos Bismarck kan, maak hy hom stil met ’n stewige duikslag.

Dié video is deel van ’n veldtog om mense te herinner om hul fone in die teater af te skakel. Ander sportsterre soos JP Duminy en Jacques Kallis neem ook hieraan deel.

Bismark en Jannie du Plessis besluit om in SA te bly - lees hier waarom