"Ek het altyd vir my pa gesê ek stel belang in dit of dat. Elke dag was daar iets anders. Toe't ek hom eendag gesê ek stel belang in sing, en hy't my nie ernstig opgeneem nie. Hy't gedink ek stel net belang in nog iets. Maar toe kry ek my pa se bestuurder en sy't een van my liedjies by EMI uitgekry. Hulle het toe baie daarvan gehou en eers toe't my pa my ernstig opgeneem," sê Armand op die video.

Steve is self baie opgewonde oor Armand se album:

"Toe hy vir my gesê het hy wil dit doen, het ek basies my hande in onskuld gewas tot hy vorendag gekom het met iets. En waarmee hy vorendag gekom het was 'n CD. Hy't elke dag van die ateljee in Johannesburg na Pretoria gery en vir my die liedjies kom speel. En ek het besluit hy het dit. Ek los hom. Ek manipuleer of domineer nie. Ek maak hom ook nie sag groot nie. Ek dink ek's taamlik hard op hom," sê Steve oor Armand.

Vir meer, klik by die Kwêla-webtuiste