Coenie de Villiers, Janine Neethling, Roelof Colyn, Jaconell Mouton en Johan van Rensburg tel onder die pianiste wat onlangs aan die 20 Hande, 1 Hart-konsert op Potchefstroom deelgeneem het. Hulle is met die hand deur Christa self uitgekies.

Die stampvol Sanlam-ouditorium was uiteraard daar vir die musiek, maar die pianiste het die gehoor 'n spesiale blik gegee op die invloed wat Christa op hul loopbane gehad het – en steeds het. Of hulle op 'n jong ouderdom deur haar geïnspireer is om klassieke musiek te studeer of vir lange jare 'n kollega was, almal is dit eens: Christa het hulle geïnspireer, en inspireer hulle steeds. Sy was ongelukkig te siek om die vertoning self by te woon, maar 'n allemintige R100 000 is by die geleentheid ingesamel. Die ander pianiste wat ook gespeel het, was Wessel van Wyk, Clinton Zerf, Ramon Alexander, Truida Olivier en Melissa van der Spuy.