Die kletskoningin Oprah wil die wêreld op ’n baie eenvoudige manier ’n beter plek maak. Sy en nog bekendes moedig jou in ’n nuwe video aan om een ding elke dag te doen: groet net diegene om jou.

Julia Roberts, Tom Hanks, Ellen Degeneres, Taylor Swift en Jennifer Aniston is onder die bekendes in ’n video vir Oprah se Just say hello-veldtog.

Dié veldtog wil hê jy moet vreemdelinge en vriende elke dag op ’n vriendelike manier groet om eensaamheid hok te slaan.

Van die bekendes wat dié veldtog ondersteun:

Wat sê die navorsing?

  • Minstens een uit vyf Amerikaners is eensaam.
  • Eensame mense is meer geneig om met geheueverlies, stres-verwante kwale en hartsiektes te sukkel.
  • Persoonlike interaksie, soos om iemand te groet, kan eensaamheid hokslaan.

Lees HIER oor nóg trends wat ons inspireer