Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, het op 31 Maart as senior lede van die Britse koninklike huishouding uitgetree. 

Die paartjie en hul seun, Archie, woon nou in Los Angeles. Klein Archie gaan op 6 Mei sy eerste verjaardag vier.

Meghan het reeds weer haar tone in die Hollywood-dam begin druk, as verteller van ’n Disney+-dokumentêr, Elephant. Die geld vir haar werk is aan die organisasie Elephants Without Borders geskenk.

Luister hoe Meghan klink: