Dis in dieselfde jaar wat haar oudste seun, prins William, getrou het, en die koninklike familie is weer op almal se lippe.

In haar leeftyd het Diana mense se harte met haar liefdadigheidswerk, waardigheid, styl en elegansie aangegryp en dié herinneringe leef steeds voort. Maar sy was ook weerloos weens die hartseer en pyn wat haar gebroke huwelik met prins Charles meegebring het. Totdat haar vroeë dood die wêreld byna tot stilstand gebring het.

Vandag onthou mense haar steeds as 'n vrou met passie vir ander mense, 'n ma vir haar twee seuns en 'n inspirasie vir baie.

Dis soos die Amerikaanse digter Maya Angelou gesê het: "Ek het geleer dat mense vergeet wat jy te sê het, hulle vergeet selfs wat jy gedoen het, maar hulle vergeet nooit hoe jy hulle laat voel het nie."

* Sien ook die pragfoto's wat Mario Testino destyd van Diana geneem het.

Kyk hier na video-materiaal van Diana se kinderlewe