Nie net sy sang het almal in trane gehad nie, maar ook sy lewensverhaal het mense geroer. Hy is op 3 in ’n weeshuis gelos en op 5 het hy weggeloop omdat hy geslaan is.

Vir ’n groot deel van die res van sy lewe het hy kougom en energiedrankies op straat verkoop om te kan oorleef, berig cbsnews.com.  “Ek het vir byna 10 jaar op die trap in ’n openbare toilet geslaap,” het hy voor sy oudisie vertel. Hy het ook aan die beoordelaars gesê hy dink nie hy kan regtig goed sing nie, maar hy probeer net om sy drome te laat waar word. Die video van sy oudisie is al 9,568,159 keer gekyk en mense stroom steeds na YouTube om dit te sien. Die media verwys reeds na hom as die "volgende Susan Boyle".

Kyk hier na sy oudisie: