Wie is die trotsste op jou omdat jy hier is?
My broer, Philip. Hy’t SARIE gaan koop en hou dit in sy bakkie om vir almal te wys ek is een van die finaliste. Die hele Nelspruit weet al!

Jou beste skoonheidswenk vir lesers?
Gebruik vitamien A. Ek drink elke oggend en aand ’n vitamien A-tablet en smeer vitamien A-serum aan my gesig.

Watter woorde of uitdrukkings gebruik jy te veel?
Cool beans.

Wat laat jou lag vir jouself?
Ek is totaal verstrooid. Ek bêre byvoorbeeld die ketel in die yskas.

Wat is die mooiste aan jou gesig?
My oë. Mense sê altyd vir my wanneer ek gelukkig is, lag my oë en as ek hartseer is, blink dit nie.

Wie is vir jou die mooiste vrou in die wêreld?
Ek is mal oor Kate Beckinsale. Sy’s ’n regte English Rose.