Gister op die pragtige plaas Rosemary Hill buite Pretoria is die 10de wenner van SARIE Voorbladgesig aangekondig.

Die stylvolle gala-geleentheid is by die plaas se The Greenhouse Café gehou. En wie is op SARIE se Oktober-voorblad? Emari Gieselbach, die mooie kunsonderwyser van Centurion. Sy het in die kategorie 31+ deelgeneem.

Emari Gieselbach is ons tiende wenner van SARIE Voorbladgesig. FOTO Leana Clunies-Ross

Die ewe pragtige Charicke Carolus van Kraaifontein is die wenner in die 18-30-kategorie. 

Charicke Carolus is die wenner in die 18-30-kategorie. FOTO Leana Clunies-Ross

Moenie Dinsdag om 17:30 die slotepisode van SARIE Voorbladgesig 2018 op kykNET (DStv-kanaal 144) misloop nie. Al die glans en opwinding van die spesiale gala-oggend kom dan na jou skerm toe!

Tot dan, kyk gerus na die foto's van die gaste, wenners, ons borge, dekor en meer.

Michelle van Breda (middel links) saam met die tien finaliste. FOTO Phyllis Green
Die lieflike Elana Afrika-Bredenkamp was ons gasvrou vir die geleentheid. FOTO Phyllis Green
Die spesiale geleentheid is in The Greenhouse Café op Rosemary Hill buite Pretoria gehou. FOTO Phyllis Green

Die Afrikaanse sanger Nádine en haar liefling, Derick Hougaard, was van die bekendes wat die geleentheid bygewoon het.

"Dankie Liefling dat jy die hittige middag trotseer het met jou baadjie en mooi smile," het Nádine  agterna op Instagram geskryf.

Derick Hougaard en Nádine. FOTO SARIE

Die akteurspaar en skeppers van die fliek Stroomop, Ivan Botha en Donnalee Roberts, het ook in die vreugde van SARIE Voorbladgesig kom deel.

"Baie geluk aan ál die beautiful finaliste en dankie SARIE vir 'n lieflike middag," het Donnalee op sosiale media geskryf. 

Ivan Botha en Donnalee Roberts. FOTO Instagram/ Donnalee Roberts

Die Getroud met Rugby-sterre Kate Roothman, Marlee van der Merwe en Christel van den Bergh was ook daar en kyk hoe mooi het hulle gelyk!

Die sterre van die kykNET-sepie Getroud met Rugby: Kate Roothman, Marlee van der Merwe en Christel van den Bergh. FOTO Instagram/Marlee van der Merwe

Christel het kiekies geneem saam met verlede jaar se Voorbladgesig-wenners, Nadia de Wet en Yolani Abrahams.

FOTO Instagram/ Christel van den Bergh
Yolani Abrahams en Christel van den Bergh. FOTO Instagram/ Christel van den Bergh

Die sanger André Schwartz het skertsend vir Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, gevra om te trou. "Maar toe sy hoor ek is 25 jaar oud toe sê sy ek is te jonk," het hy op sosiale media geskryf.

Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika, en André Schwartz. FOTO Instagram/ Andre Schwartz

Die lieflike Quinne Brown van 7de Laan het ook saam kom kuier.

Quinne Brown. FOTO Instagram/ Quinne Brown

Kyk hoe vrolik het Binnelanders se Cindy Swanepoel in haar lente-uitrusting gelyk.

FOTO Instagram/ Cindy Swanepoel

Elke gas en finalis het 'n heerlike bederfpak gekry. Binne-in elke pak was luukse haarolie van INOAR, lipsalf en rome van die Isa Carstens Akademie, 'n geskenkbewys van Anny Nails, 'n geskenkbewys van Gosh Cosmetics, 'n Montblanc Lady Emblem-parfuum van 30 ml, 'n bederfproduk van Kalahari, 'n toetsgrootte Montblanc Lady Emblem- en Montblanc Legend Night-parfuum, en 'n geskenkbewys van die Isa Carstens Akademie. 

Verder het FujiFilm Instax-kameras en polaroid-films verskaf.

Instax-pret! FOTO Instagram/ Christel van den Bergh

’n Paar rooitapyt-foto's:

Die pragtige Tamaryn Green, ons September-voorbladster, het beeldskoon in haar olyfgroen rok gelyk. FOTO Phyllis Green
Alri Velleman, ons eerste SARIE Voorbladgesig-wenner. FOTO Phyllis Green
Die span van die Isa Carstens Akademie, een van ons trotse borge. FOTO Phyllis Green
Die span van Kalahari, een van ons trotse borge. FOTO Phyllis Green

Die span van Montblanc, ons hoofborg van SARIE Voorbladgesig. FOTO Phyllis Green
Die span van INOAR, een van ons trotse borge. FOTO Phyllis Green
Getroud met rugby-sterre Christel van den Bergh, Kate Rootman, Marlee van der Merwe en vervaardiger Jenny Griesel. FOTO Phyllis Green
Tamaryn Green and sanger Anna Davel. FOTO Phyllis Green

En 'n paar oomblikke:

Ons gasvrou Elana Afrika-Bredenkamp vermaak die gaste. FOTO Phyllis Green
Anna Davel sing een van haar pragtige liedjies. FOTO Phyllis Green
En die twee kategorie-wenners: Charicke Carolus (links) en Emari Gieselbach (regs). FOTO Phyllis Green
En wie gaan wen? FOTO Phyllis Green
En hier's ons wenner: Emari Gieselbach. FOTO Phyllis Green

Kyk Netwerk24 se insetsel oor VBG: