Tien finaliste in ons 10de jaar! Een van hulle sal binnekort aangewys word as die SARIE Voorbladgesig 2020. Ons finaliste kom van oral in die land, van Brakpan in Gauteng tot Bonnievale in die Kaap – terwyl Bloemfontein vanjaar sommer twee finaliste oplewer. Onder die 10 is entrepreneurs, studente en bemarkers.

Almal het dié doel voor oë: om daardie gesogte SARIE-voorblad te wen. Maar eers sal hulle deur SARIE se Fanie Cronjé en van die land se beste grimeerkunstenaars en haarstileerders gestileer word voordat hulle professioneel deur die topfotograaf Leana CR afgeneem word. Elkeen het ’n gelyke kans, maar net één wenfoto sal dit tot op SARIE se voorblad maak.

SARIE Voorbladgesig is trots geborg deur Isa Carstens Akademie en INOAR

Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig
Voorbladgesig

WAT IS VOLGENDE?

SARIE November/Desember-uitgawe, vanaf 16 Oktober te koop: Die 10 finaliste se professionele ateljeefoto’sen unieke ervaring word gedeel en lesers sal elke finalis beter leer ken.

SARIE Januarie/Februarie-uitgawe, vanaf 11 Desember te koop: Die wenner, SARIE Voorbladgesig 2020, is op die voorblad van dié feesuitgawe.

SARIE Voorbladgesig is trots geborg deur Isa Carstens Akademie en INOAR

Die Isa Carstens Akademie en die haarsorgmaatskappy INOAR ondersteun diewedstryd die afgelope drieen vier jaar onderskeidelik ,en albei borge, wat bestaan uit innoverende, sterk vroue, maak dié ervaring vir ons 10 finaliste vanjaar weer moontlik.