SARIE Voorbladgesig nommer 10! Hier is sy reeds, want een van dié 10 finaliste sal op ’n gala-aand in September hoor sy het dit gemaak tot op SARIE se Oktober-voorblad.
Maar eers lê die reis na die gesogte wen-Voorblad voor. Dit behels professionele fotosessies saam met topfotograaf Leana Clunies-Ross, asook TV-opnames vir ons program oor 7 episodes, SARIE Voorbladgesig 2018, saam met kykNET.
Opwindend gaan dit wees, ook pret, en ja, soms ’n bietjie senutergend.