Ná vele versoeke het ons besluit om die wedstryd in twee kategorieë te verdeel: vir vroue van 18 tot 30 jaar en vroue van 31 jaar en ouer. As jy 'n glinster in die oog het, 'n glimlag wat harte verower en 'n onblusbare lus vir die lewe, is jy dalk net wat ons soek.

Nuus! 1 finalis per dag op sarie.com

Jou top-36-finaliste verskyn in die Julie-uitgawe van SARIE. Die boek is Maandag 17 Junie op di rak, en ons gaan vanaf dié dag elke dag 1 finalis op sarie.com bekendmaak.

Kyk hier deur ál die inskrywings

Die wedstryd word aangebied in samewerking met Clicks, Babyliss en NYX.