Dis haar tyd! Die selfie wat Carlize Earle van George skrams voor middernag gestuur het om vir ’n tweede keer in te skryf, het haar ryklik beloon: die´ sakevrou en ma van twee is SARIE se 5de Voorbladgesig.

Vir Chandre´ Janse van Rensburg van Pretoria, ons tweede wenner en ook ’n tweede probeerslag, is dit ’n geval van nog ’n doelwit wat bereik is.

Albei se^ reguit: “Ek is op ’n goeie plek in my lewe.” Carlize Earle van George, pas aangewys as SARIE Voorbladgesig 2015 (en ook die wenner in die kategorie 18 – 30), en Chandre´ Janse van Rensburg van Pretoria, wenner in die kategorie 31+, is albei voorbladmooi, maar die´ twee SARIE-lesers het veel meer gemeen. Hulle is albei in hul 30’s, het albei kinders, is suksesvolle beroepsvroue en skroom nie om ’n uitdaging aan te gryp nie. Boonop is dit nie die eerste keer dat die´ twee inskryf vir SARIE Voorbladgesig nie! Vir hulle was dit ’n geval van aanhouer wen. So asof uit een mond, herinner Carlize en Chandre´:
“Vroue is sterker as wat ons dink!”

Lees meer oor dié twee inspirerende vroue in SARIE se Oktober-uitgawe - nou te koop!

carlize voorbladLees nou