Heidi Agan (32) het vele kere in die restaurant waar sy gewerk het, gehoor hoe baie sy soos Kate Middleton lyk. Nou het sy besluit dat dít ’n voltydse werk kan wees! Sy het selfs haar eie Facebook-blad!

Heidi Agan

En soos wat Kate se swangerskap vorder, het Heidi gesorg dat haar figuur ook bybly. Sy het vir haar kamma-bababoepies in verskillende groottes gekoop, berig BBC.      

“Soos wat Kate groei, sal ek ook – om geloofwaardig te lyk, is vir my belangrik.”

Sy het na haar aankoop van die bababoepies ook ’n paar uitrustings aangeskaf vir ’n fotosessie met Daily Mail.

Heidi se facebook-blad

“Dit is moeilik om op die oomblik te weet wat om aan te trek omdat Kate nog nie groot genoeg is om haar klerekas te verander nie.”

Maar selfs Heidi kan nie raai watter geslag die kleinding gaan wees nie.

Die regte Kate begin nou ervaar hoe haar eie lewe gaan verander as hul eersteling eers hier is. Instyle berig dat Kate en William se jaarlikse oorsese toer tydens die Europese somer hierdie jaar nie gaan realiseer nie, omdat hulle eerder na die nuwe koninklike gaan moet omsien.

Die egpaar was in 2011 net na hul troue in Kanada en Amerika en verlede jaar in die Ooste. Maar dié jaar gaan baba hulle tuis hou.