Met SARIE.com se besoek onlangs by die New York-modeweek het ons vir Dale Noelle ontmoet. Sy is ’n voormalige Ford-model en deesdae president van haar eie modelagentskap, True Model Management, in New York. Ons het by haar gaan aanklop vir skoonheid- en beroepsraad.

Sy is een van min modelle wat suksesvol haar model-loopbaan kon verruil vir die korporatiewe mode-wêreld. Nou bestuur Dale Noelle ander modelle se loopbane deur hulle te plaas vir advertensieveldtogte en modeskoue vir van die grootste modehuise ter wêreld, onder meer Calvin Klein, Ralph Lauren en Victoria’s Secret.

Ons het by haar kantoor in Manhattan gaan inloer en uitgevind wat haar top-skoonheidswenke is en wat nodig is om suksesvol te wees in jou beroep - of jy nou ’n model is, of in die korporatiewe wêreld is.

Kyk na die onderhoud HIER:

EKSKLUSIEWE storie! Kyk in SARIE se Mei-uitgawe waarom ons by die New Yorkse Modeweek was.